DAWIE DE WET   -   My Verhaal van Gebeure in Kontak met SWAPO Augustus 1982

Dawie De Wet - My Verhaal Van Gebeure In Kontak Met Swapo Augustus 1982
18 Jun 2019

                                                    My Storie

 

My Storie begin eintlik ses maande  tevore, op die 9de Augustus 1982 gedurende ons eerste Bostrip met die afsterwe van dertien Valskerm soldate.  Dit was ‘n groot slag wat SWAPO (South West African People Organisation)  1 Valskerm Bataljon toegedien het.  Ek dink steeds aan my maters wat gedurende ‘n operasie in Angola in ‘n Puma helikopter oor ‘n terroriste basis gevlieg het, en met ‘n Sam 7 Misiel deur die vyand afeskiet is.

Rest in Peace

Ek glo dat ons reaksie mag pogings na die gebeurtenis, met die Puma het  so klein bietjie terug gegee vir wat hulle opgeoffer het met hulle afsterwe.

Tydens ons eerste Bostrip het ons verskriklik baie by ons reaksiemag maters,  die Omega Boesmans in kundigheid van spoorsny geleer om sodoende die grootste sukses  in die SAW gedurende ons operasies te behaal  deur Swapo aan te tree in Opvolg aksies en Operasies. As gevolg van die sukses het die weermag die reaksiemag probeer vergroot deur ons met 101 Ovambo SWA  saam te voeg en Omega met ander groepe.

Die eerste aand het ons in Ruacana gaan slaap en al die voertuie met diesel gevul.

Die vuurplan in die Lugmag Basis het ons omkant gevang want ons het nog nooit voorheen by enige aanloopbaan geslaap nie. Dit was nogal angswekkend as jy wakker gemaak word met lugafweer kanonne wat afgaan in jou diepe slaap.

Volgende oggend is ons tot by die  Calueque dam gery, waar ons opgesplit het in ons reaksiemag spanne. Daar was nie ‘n lekker gevoel tussen ons en die 101 manne gewees nie, want ons en die Ovambos het mekaar nog nie vertrou nie.

Soos die dag aangegaan het moes ons ‘n hele paar waterlopies oorsteek en oor rotse ry voor ons wel oppad was. Die middag het ons deur die ruigste “Hak en steek” bos gery wat ons ooit moes deur gaan, dit was so dig ons moes die Kwevoel voor laat ry om n pad oop te maak (bundubash), en dan moes ons nog plat le in die Buffel se bak sodat ons nie ons vleis of klere verloor nie.

Net voor ons gaan TB , gewoonlik is dit gedoen in die donker sodat ons posisie nie weggeggee word nie.(Temporary Base) die aand het ons geeet, en soos gewoonlik het Apie Grobbelaar gaan K....... soek.

 

Hy het toe ‘n Likkewaan aan sy stert, uit n boom uit probeer trek en die Likkewaan het toe sy browns spier wit beskyt.

 

Die volgende oggend ons dag, D dag wat ons nie regtig van geweet het nie, het aangebreek.

 

DIE DAG.

Ons het deur n baie mooi deel begin ry. Die krale was sommer in n baie beter toestand as al die ander areas in Angola, so as of dit nie deur baie  soldate vertrap of betree word nie.

Ons het toe besluit om by die een kraal in te ry.

Soos baie van julle  weet, jy ry gewoontlik deur n kraal se muur  om toegang te verkry. Die kraal het ‘n hek gehad waardeur die beeste kon loop en wyd genoeg vir ons Buffels om deur te ry.

Regtig nuut vir ons.

Die 101 manne het nie in gery nie, net gesit en wag op hulle Buffels buite die kraal.

Afgeklim het ons, ons normale roetine geuiter, “Upelo Swapo,Upelo Swapo”,maar geen reaksie gekry nie.

So het (Bloubaard)Botes  een van die jonges in die kraal ligetlik gehelp om te praat, en deur die proses sy hand beseer, maar nog steeds was daar geen reaksie nie. Ons het bietjie rondgestap en toe chevron spore opgetel wat in n oostelike rigting geloop het. Dit was ongekend, Swapo het gewoontlik hulle skoensole skoongekerf sodat dit lyk soos ons flatsole boots.

Teen die tyd het ons nog geen hulp van die 101 manne ontvang nie,ek dink nog steeds hulle het presies geweet wat vandag gaan gebeur.

Ek het die Kamper Luitenant gevra om n Radio te bring en probeer by bly , ons  het die spore begin bekyk tot buite die kraal en toe begin  hardloop op die spoor.

Soos dit ons gewoonte was saam met die Boesmans van Omega het ons nie al ons ammunisie saam geneem nie. Elkeen het ‘n ekstra magasyn of twee gevat, want gewoontlik kry ons kontak laat die middag wanneer die energie van ons teenstanders uitgeput is. Ons wou ook nie onsself uitput met die spoorsny deur te veel gewig saam te dra nie.

Ons ses:

Koelie Saunders

Apie Grobbelaar

De Wet Dawie

Drywer Botha

Rooikop Bosman

Eloff Louis

 

“Daar vat hy nou”, soos ons vandag sal se.

Koelie en Apie voor op die spoor en die res wat sukkel om by te bly. Ons stop so drie maal om  seker te maak die spoor lyk nog dieselde, dit is op die vierde stop dat ons agterkom daar is nou baie chevron spore maar dit was alreeds te laat.

‘n Sekonde of twee na daardie stop sien ek net Koelie en van die ander stop en staan met geweer in skouer, mik en skiet, soos dit in ons gedril is. Ek hardloop toe regs om ‘n vuur en beweging posisie te begin opsit.

Was te laat !

 

DIE HEL HET OM ONS LOS GEBARS ONS MOES DEKKING SOEK.

Ek was alleen aan die regterkant en die ander manne langs mekaar aan die linkerkant van die spoorpad deur die bosse.

HULLE HET VAN ALLE KANTE OP ONS LOS GETREK

Die bos was dig en ons sig was swak.

Ek het probeer kop optel en soek of ek seker skote kan inkry maar dit was nie maklik nie. Patroon stof was oral om my soos hulle ons probeer raak skiet het waar ons op die grond gele het.

 

Daar gaan nog steeds vandag n koue gevoel oor my as ek die prentjie voor my sien van koeels wat sand opskop reg rondom my en ‘n oormag van ontploffings op en oor ons. En jy le net en bid dat een jou nie sal tref nie.

Bloed spat en Bosman het begin skree, “Ek is gewond”. Hy was gewond in sy arm want ek kon die bloed sien. Teen die tyd was die ander klaar gewond, hulle kon dit net nie sien nie maar wel voel.

RPG7`s en Strims het bokant my in die bome ontplof, ek het net gesuis in my ore gehoor.

My oordrom het gebars ek kon nie verseker se op daardie stadium nie maar die dokters op Oshakati het dit wel bevestig.

Dit  hel het gevoel soos ure ,maar dit was eintlik net minute gewees.

Dit het begin stil raak.

Ek dink hulle het opgehou om op ons te skiet want daar was ‘n geskarrel , later is gese hulle het onder mekaar begin praat, ek het probeer kyk waar die Luitenant was met die radio en staak vuur begin uitgeskree, ons het almal opgehou.Want soos julle weet was ons amo maar min.

Omdat my gehoor so swak was met die ontploffings kon ek nie verseker se wanneer die Buffels en ons vriendelike Mortiere op hulle geland het nie.

Wat ek wel kan se is dat die Buffel wat getref is met ‘n Strim, se diesel gebrand het en vreesaanjaend was vir die Terroriste,natuurlik met ‘n jong Saaikamp Drywer en Beenkop Pieterse nog op die voertuig op die een flank af.

So het hulle toe gebomshell (uitmekaar gespat ) en verdwyn.

Ons  groot genade van Bo was dat die voertuie omtrent vier honderd meter weg van ons was. As dit nie so was nie dink ek nog steeds was ons almal dood.

Sorry my groot maat Wynand Du Toit.

Ons ses sou jou miskien voorgespring het in die tronk of dood geskiet gewees het, want ons spoor jagters het defnitief nie genoeg wapens of patrone by ons gehad vir die groot oormag nie.

JJ Pieterse (Beenkop) en sy Saai drywer was ons Engele uit die Hemel.  Hy vertel my dat hulle net begin eet het toe die hel op ons los gebars het.

Natuurlik het hulle alles net daar gelos en begin ry in ons rigting , so word die Buffel met ‘n Strim en koeels getref. Met groot sukses terwyl die buffel brand ry hulle toe op die linker flank van die Terroriste af.

Nou na 36 jaar dink ek die drywer en Beenkop moes eintlik genomineer geword het vir Honoures Croux Medaljes.

Ek het begin om die gewonde manne te help, die ernstigste Suanders eerste toe Eloff en daarna vir Bosman. Drips - Ringers  Pyn goed –Sossigon n baie sterk pyn verdower en natuurlik bom verbande,Petadien op al die wonde en skiet gate.

 

Nadat ek almal behandel het het ek my verslae op hulle voorkoppe met plysters begin plak, dit is toe dat een van die 101 manne my roep en se daar is iemand wat onder die Kwevoel le en nie lekker voel nie , ek het van die manne gevra om die drie dop te hou vir enige veranderinge by die gewonde maters.

Ek stap toe na die Kwevoel toe en kry vir Botha onder die voertuig le, met my opservasie om na die oe en binne in die mond te loer besef ek daar is groot moeilikheid , vra hom toe om om te rol op sy sykant, ek kon sien hy het baie pyn .

Toe ek sy hemp oplig sien ek n koeelgat naby sy broek en besef hy is van agter geskiet en het moontlik inwendige bloeding.

Ek het hom toe dadelik met ‘n stretcher en hulp onder die bome by die ander geplaas en ‘n drip en al die ander behandeling gegee wat tot my beskiking was en hom toe baie mooi geopserweer.

Res van die Valk het nog steeds probeer spore jag vir n paar uur en toe teruggekeur om te kom help bome uitkap vir die Puma om te land want die bos was baie dig.

Die hoeveelheid gewere, mediese toerusting en klere wat agtergelos is deur die Vyf en Sestig Terroriste was nuut vir ons, want dit was Nuwe AK47, nuwe RPD Machine gewere, nuwe Camo en Mediese toerusting wat van verskillende Oos block lande en Swede gekom het.

So het ons omtrent drie ure plus gewag vir die Puma om in te kom normaalweg sou dit net ‘n uur geneem het, ek dink nog steeds die Lugmag was maar n bietjie versigtig vir lugafweer en Sam Sewe Misiele daardie dag.

Heel laas het die 101 Medic, by my gekom en vertel hy het n stamp op sy maag weg  terwyl hulle op die buffel nader aan ons beweeg het en mortiere vanaf die buffel probeer skiet het.

Hy het toe ook Sosigon ontvang.

Die manne wat gewond was  :

Saunders (Bene)

Eloff ( Bene)

Bosman ( Regterarm)

Botha (van agter deur Diafragma mis Hart tot in Long)

Pieterse ( Scrapnel)

101 Medic (Maag Blaas beseering)

Myself de Wet is Gecassavac na Oshakati (gebarste Oordrom)

 

Apie Grobbelaar vertel my na Ses en Dertig jaar dat hy n klein merkie op sy rug gevind het  wat hy nooit  veel van gedink het nie. So dit lyk my hy het dit net net gemaak om nie gewond te wees met die Kontak nie

As jy kyk na al die gewonde manne , is almal van die kant of van agter geskiet.

Apie was die enigste wat nie Gecasavac is nie.

Gedurende die vlug het die Dokter met my probeer praat, en met die Puma se lawaai en my dowe ore kon hy nie verstaan wat ek vir hom probeer beduie oor al my gewonde manne nie, hy kom toe nader en skree in my oor met die gebarste oordrom. Ja wat sal ek se die pyn was n riller.

Wat ons wel geweet het deur die hele ervaring is dat daar net een ons kon help.

 

Naamlik God in sy Grootheid.

 

My Tyd as Ops Medic in Angola het ek om en by 120 Soldate gecasavac wat almal deur Pumas  uitgevlieg is nadat ek en soms ander Medics wat my bygestaan het hulle gestabiliseer of n besluit moes neem oor wie gaan, dit nie maak nie.

 

Onder die soldate was 32 Bataljon, Unita Angolese magte , Koevoete, Infanterie Skool Junior leiers en dan ook  Hele klomp van my B Kompanie Makkers.

 

Dit was vir my n groot eer om mediese hulp verleen as n Valskerm Soldaat.

Ek het later deel geword van 7 Medies. (Dokters en Ops medic wat Special Force Kwalifiseerd was, en in die eenheid geplaas is na eerste twee jaar diensplig.

Bosman wat in sy voorarm gewond was het my sy geweer gewys, daar was ‘n"Chip" in sy Bakaliet kolf, die patroon het soos hy die geweer vasgehou het in sy skouer deur sy voorarm gegaan en teen sy kolf weggeskram.

Mense sal se julle was gelukkig, ek se dis nog ‘n wonderwerk van God.

Die wag tyd vir die Cassovac was erg vir my want ek kon nie hoor nie en ek het bekommerd begin raak dat my drips nie gaan hou nie, spesifiek vir Botha wat sleg gewond  en inwendige bloeding gehad het.

So het ons toe uiteindelik in Oshikati gekom, Botha het ‘n nood operasie ontvang en die res was in die hospitaal behandel.

 

Naskrif

My persoonlike opinie van die area waarin ons rondbeweeg het was nie ‘n Swapo intergreerde gebied nie. Maar wel die area waar Fapla, Mpla, Kubane en Russe hulle rondtes gedoen het van Cahama Basis. Dit is wel bevestig op ons laaste bostrip vanaf Xangongo, waartydens ons en ander valserkerm kompanies moes  padgee onder groot druk van die vyand wat met voertuie en gevaarliker wapens as wat ons gewoond was, ons bygedam het.

Die wapens was Starlin Orrels en 106 Mortiere wat teen ons gebruik is en daar was selfs wit Oos-Duitsers opgemerk in kontakte.

 En sekerlik Sam 7 Misiele want die Gunships, Pumas en Dakotas het nie die area in gegaan as daar nie regtig nood was nie.

My groot vriend vertel my die ander dag dat hulle 47 Km in die nag moes beweeg om veilig in Xangongo te kom na n voorval op die Cahama pad met voertuie en Starlin orrels.

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Mongua --- 1980 Hel deur Nico Beneke

Mongua --- 1980 Hel deur Nico Beneke

Die jaar was 1980.  Angola. Operasie Smokeshel. G Komp 1980. B Komp en C komp. Na dae se heen en weer gery het ons Veggroep onder leiding van kol Serfontein op Evale gerus. Die opdrag het deurgekom dat die veggroep sal die volgende dag as ek reg kan onthou die sondag iewers aan die einde van Junie 1980 terugtrek na Owamboland en dan Ondangwa. Die Operasie SMOKESHEL is verby -- Ontrek


DAKOTA HIT BY SAM -7

DAKOTA HIT BY SAM -7

How`s this story by -- COLIN GREEN In 1986, a Dakota DC3 while on a flight to Ondangwa at about 8000 ft was hit with a SAM - 7 missile. The explosion ripped of most of the his tail. to add additional pressure, the Dakota was full of military V.I.P. passengers including the Chief Of Army He slowed the Dakota down to 100 knots in order to keep it under control and called for help.  There wa


Follow up to The news Collumn 44 Para Reg

Follow up to The news Collumn  44 Para Reg

In 1983 the Battalion was split to create an independant Parachute training Centre and thereby allow the Battalion as such to become a purely operational unit. By 1967, however,this experiment had been discarded and both training and operational elements werte back under one roof with 1Para, The next development came when the units CF element outgrew the reasonable administrative capacity of the B


Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog Ek het in 1987 skool klaar gemaak, en is toe vir twee jaar weermag toe. 1988 was so aan die stert-kant van die bos oorlog in Namibie, toe nog SWA, Suid-Wes Afrika. Eintlik het ek nie geweet wat ek wou gaan swot het nie, en omdat ek kwaad was vir die lewe, army toe gegaan, toe die oproep instruksies by ons huis opdaag . Ek het in ‘n huis groot geword, waar my pa l


Cassinga Raid -- SWAPO Response

Cassinga Raid  -- SWAPO Response

This document is a true copy of the original Classified response by SWAPO after the Cassinga Raid -- TYPED OVER FROM THE BLUE PRINT COPY   Swapo Report on Cassinga Raid STRICTLY CONFIDENTIAL FOR CENTRAL COMMITTEE MEMBERS ONLY REPORT ON THE KASSINGA MASSACRE COMRADE P. NANYEMBA Place ;  Luanda Date   : 19 th May 1978 Kassinga The attack started at 07 : 15 hours on the 04th


STATIC LINE `FREEFALL`

STATIC LINE  `FREEFALL`

My naam is Derrick Van Zyl Ek het my diensplig gedoen in 1 Valskermbataljon 1981 / 82 ... G Kompanie Valk 2. Junie 1981 net na ons vleulparade en soos wat dit bekend gestaan het as `Glamour Day` het ons opleiding in alle erns begin met Konvensionele oorlogsvoering.   Ek onthou die betrokke dag nog baie goed by Tempe lughawe  Dit was in daardie dae van my diensplig en opleiding wat on


RUS IN VREDE JEFFREY GERALD HOLM

RUS IN VREDE   JEFFREY GERALD HOLM

JEFFREY GERALD HOLM - SOVERRE BEKEND AS DIE EERSTE SOLDAAT WAT OP DIE GRENS DOOD IS Bravo kompanie, grensdiens 1973, Caprivi. GRENSDIENS 1973. Op ’n goeie dag word ons meegedeel dat ons bosoorlogvoeringsopleiding, of teen-insurgensie opleiding, in die Madimbo streek gaan doen. Dit is op die noordelike grens van die Suid-Afrika met Rhodesie, in die omgewing van Mesina. Ons pak toe di


FANIE BOTHA --- DANGLING BY HIS FEET

FANIE BOTHA   ---    DANGLING BY HIS FEET

  DANGLING BY HIS FEET   My Story l/Kpl SW Botha 74489261 1 Parachute Battalion Course 7806 Phase III 24 May 1978 On Wednesday 24 May 1978 we were preparing for Wing Parade, “Glamor Day”, at 1 Parachute Battalion. Most of our parents and guests arrived early that morning at the Battalion. All parents and guests were entertained at the battalion. Al visitors had th


LUCAS VAN VUUREN - MY STORIE OOR MONGUA - G KOMPANIE 1 VALSK BN 1980 --

LUCAS VAN VUUREN   -  MY STORIE OOR MONGUA  -   G KOMPANIE 1 VALSK BN 1980 --

SMOKESHELL                           29 JULIE 1980   My naam is Lucas van Vuuren. Of soos al my mede makkers van G Kompanie 1979 / 80 geken het as Fires. Ek was en ek glo dat my makkers van G Komp van die beste soldate en Paratroopers was en ek skryf hierdie heri


DIE VLAGPAAL - Ek - RSM Sakkie Marais en Chris Greyling

DIE VLAGPAAL - Ek - RSM Sakkie Marais en Chris Greyling

Ek was op diens die aand by die Bataljon. Sersant aan Diens, ook bekend as die B O S. As jy by die eenheid inkom die rooidak gebou aan die linkerkant van die pad op na die pakhuis. Regs is die Wagte se kamers waar jy slaap as die manne op diens is vir die nag. Die roetine is daagliks dieselfde.....  `n Kompanie, gewoonlik `n Junior kompanie wat besig is met basiese opleiding of na basies voo