DIE VLAGPAAL - Ek - RSM Sakkie Marais en Chris Greyling

Die Vlagpaal - Ek - Rsm Sakkie Marais En Chris Greyling
02 Jul 2019

Ek was op diens die aand by die Bataljon. Sersant aan Diens, ook bekend as die B O S. As jy by die eenheid inkom die rooidak gebou aan die linkerkant van die pad op na die pakhuis. Regs is die Wagte se kamers waar jy slaap as die manne op diens is vir die nag. Die roetine is daagliks dieselfde..... 

`n Kompanie, gewoonlik `n Junior kompanie wat besig is met basiese opleiding of na basies voor operasionele ontplooing verskaf dan die wagte in opdrag van die RSM.

Tussen 17h00 en !8h00 is die wagparade en die wagte kom op `n inspeksie parade waar die wagte geinspekteer word. Klere netjies, Wapens is skoon en amunisie met `n magasyn wat `n "Safety Pin" in het word voorsien. 

Dit is onder ander die pligte van die BOS om die wagparade af te handel en dan ook na die eenheid om te sien in afwesigheid van die RSM. Met ander woorde, jou taak is belangrik, watookal gebeur deur die nag tot die volgende oggend is jou verantwoordelikheid, Bygese dat saam met jou as onderoffisier is daar ook `n offisier aan diens. As jy aan diens is slaap jy ook in die BOS gebou.

Alle voorvalle word dan in die boek aangeteken ... Tyd en redes ens. Die volgende dag word die boek en diens oorhandig terug aan die RSM Regiment Samejoor en jy staan af.

Soos wat die jare aanstap en jy meer senior word in rang... ek was natuurlik `n onder offisier en in hierdie stadium `n Sersant, kom daar dan Junior onder offisiere in die eenheid aan wat ook Staande Mag is en word dan onder jou as senior geplaas om die pligte van die BOS te verduidelik en prakties toe te pas.

So een aand in die week kry ek onder my vir Kpl. Chris Greyling. Hy het ook Staande Mag aangesluit en gevorder to `n Samejoor. Ek het hom reeds geken en alles loop heel rustig met die aand se verrigtinge.

Die nag gaan verby en een van die pligte is om die ete by te woon 06h00. Soos wat die kompanies by die menasie aankom moet jy toesien tot orde en sorg dat `n man bid.Jy klap `n man op sy skouer en beveel BID. Gewoonlik was die gebed vinnig -- altyd iets soos " Seen Here die Voedsel wat ons voorberei is -- Amen" 

Oppad na die menasie stap ons uit die BOS gebou ek en Chris. Nog `n Taak van die BOS is om toe te sien dat die vlag gehys word. Nou kyk, die wat onthou van die tyd 1980 was die RSM van die eenheid RSM Sakkie Marais en jy neuk nie rond met hom nie. Ek stop net daar en vra vir Chris : " Het jy al voorheen vlag gehys". 

Ja se Chris. Ek se luister ... Gaan terug BOS tot en hys die vlag. Die vlagpaal was op die paradegrond neffens die podium waarop die bevelvoerder altyd die parade toegespreek het.

So gese en so gedaan ... Ek stap menasie toe vir my pligte en Chris is BOS toe om die landsvlag te kry en op die paradegrond te hys. Die son is al lankal op. Dit is somer.

Die ontbyt is verby, so kwart voor sewe se kant stap ek terug BOS toe en Chris het intussen die vlag gehys en soos ek afstap vang my oog die vlagpaal en als lyk piekfyn, die vlag is bo en hang stil  -  Windstil

Ek vra vir Chris.. als reg van jou kant, en hy beaam als is SHAP.

Ek stap Rsm Sakkie Marais se kantoor in en handig die eenheid oor en hy vra of iets buite die gewone gebeur het en ek beaam nee.

Die dagtaak gaan aan en die middag staan ons af so net na vyf en ons klomp sersante het gereel ons gaan uiteet en vroeg stort is die inding. As jy nie vroeg stort nie is die warmwater dalk op as jy later probeer.

Dit was seker so net na half ses die middag. Net klaar gestort... Ek wil net aantrek toe hoor ek Rsm Sakkie bulder in die gang af.......

BENEKEEEEEEEEEEEEEEEEEE.... !!!!!!!

Ek skree terug RSMMMMMM en in een beweging pluk ek my 1 Valsk Bn sweetpak broek en T shirt. Tekkies en beweeg teen die spoed van witlig uit die gebou. Buite staan RSM Sakkie vir my en wag.

"Jy was mos gisteraand op diens" en hy trek sy bolip met snor so op dat sy botande so effens wys. Ek dog O donner hier is nou moeilikheid. Wat nou....

" Wie het die Vlag gehys " Gryns hy...... Kyk ek en Samejoor Sakkie het darem nie sleg met mekaar ooreengekom nie. Al wat ek kan se ek het baie respek tot vandag toe vir hom en hy is `n yster. Die beste van die heel beste ooit.

"'Chris Greyling Rsm" en ek kry die instruksie gaan haal hom en paradegrond toe. Hy wat RSM is kry ons daar.

Gelukkig is Chris in sy kamer en ons move met groot spoed paradegrond toe. By die vlagpaal staan Samejoor Sakkie en kyk die paal op.   Hy vra vir Chris... Wat sien jy fout... Chris kyk op .... Ek kyk op en daar is die probleem.... Die vlag is onderstebo gehys. Die houtblokkie wat die bokant moes wees hang onder en die "LOOP" wat die vlag mee afgetrek word bestaan nie want die tou is net bo vas. Die tou is so hard getrek dat die vlag so half oor die wielietjie van die tou bo ingeterk is.

Wat nou.... ek kyk vir Chris... Hy vir my... en Rsm Sakkie wag vir `n antwoord.......Hy kyk vir ons....

" Beneke'   ..... Ja Rsm.... Jy was aan diens en Greyling onder instruksie.... Ja Rsm...Nou klim die paal en haal die vlag af en jy Greyling ... Staan net hier.

Ek kyk vir Chris uit asof  die honde hom hier ingesleep het..X moerig.. Hoe de hel gaan ek die paal opklim.

Die eerste stuk was oraait. Een meter bo die grond was twee stukke staal met die vlagpaal tussen die pale en daar staan ek.. Balanseer myself en nog so 4 meter om te gaan. Ek skiet my op en gryp die paal en probeer my opstoot en ek gly terug met my tekkies tot op die twee ysterstutte. Ek kyk my hande en my sweetpakbroek en T Shirt, Vol silwer verf.

Die vlagpaal was seker so `n maand terug oorgeverf met silwer en die verf het mos lank gevat om droog te word. Gatvol verby....

Ek sukkel seker 30 minute op en af met `n gegly en uiteindelik pluk ek die vlag ondertoe.

My moer suur en in die ROOI vir Chris Greyling... Jou bliksem.

Ek seil die paal af ... silwer gepolish van die verf met my sweetpakbroek .. T Shirt moer toe, Sweetpak Moertoe

Toe is dit Chris se beurt.... Sy straf van Rsm Sakkie....

Jy sal die vlag opvou... Ophys .... Afhys.... van ongeveer 18h00 tot Ligte uit 22h00...... 

Lekker Chris Greyling... Ons het darem jare later daaroor gelag... ek was goed moerig vir jou....

Samejoor Sakkie het ons geroer

Goeie dae gewees.......

Geskryf deur Nico Beneke 

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 


Mongua --- 1980 Hel deur Nico Beneke

Mongua --- 1980 Hel deur Nico Beneke

Die jaar was 1980.  Angola. Operasie Smokeshel. G Komp 1980. B Komp en C komp. Na dae se heen en weer gery het ons Veggroep onder leiding van kol Serfontein op Evale gerus. Die opdrag het deurgekom dat die veggroep sal die volgende dag as ek reg kan onthou die sondag iewers aan die einde van Junie 1980 terugtrek na Owamboland en dan Ondangwa. Die Operasie SMOKESHEL is verby -- Ontrek


DAKOTA HIT BY SAM -7

DAKOTA HIT BY SAM -7

How`s this story by -- COLIN GREEN In 1986, a Dakota DC3 while on a flight to Ondangwa at about 8000 ft was hit with a SAM - 7 missile. The explosion ripped of most of the his tail. to add additional pressure, the Dakota was full of military V.I.P. passengers including the Chief Of Army He slowed the Dakota down to 100 knots in order to keep it under control and called for help.  There wa


Follow up to The news Collumn 44 Para Reg

Follow up to The news Collumn  44 Para Reg

In 1983 the Battalion was split to create an independant Parachute training Centre and thereby allow the Battalion as such to become a purely operational unit. By 1967, however,this experiment had been discarded and both training and operational elements werte back under one roof with 1Para, The next development came when the units CF element outgrew the reasonable administrative capacity of the B


Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog Ek het in 1987 skool klaar gemaak, en is toe vir twee jaar weermag toe. 1988 was so aan die stert-kant van die bos oorlog in Namibie, toe nog SWA, Suid-Wes Afrika. Eintlik het ek nie geweet wat ek wou gaan swot het nie, en omdat ek kwaad was vir die lewe, army toe gegaan, toe die oproep instruksies by ons huis opdaag . Ek het in ‘n huis groot geword, waar my pa l


Cassinga Raid -- SWAPO Response

Cassinga Raid  -- SWAPO Response

This document is a true copy of the original Classified response by SWAPO after the Cassinga Raid -- TYPED OVER FROM THE BLUE PRINT COPY   Swapo Report on Cassinga Raid STRICTLY CONFIDENTIAL FOR CENTRAL COMMITTEE MEMBERS ONLY REPORT ON THE KASSINGA MASSACRE COMRADE P. NANYEMBA Place ;  Luanda Date   : 19 th May 1978 Kassinga The attack started at 07 : 15 hours on the 04th


STATIC LINE `FREEFALL`

STATIC LINE  `FREEFALL`

My naam is Derrick Van Zyl Ek het my diensplig gedoen in 1 Valskermbataljon 1981 / 82 ... G Kompanie Valk 2. Junie 1981 net na ons vleulparade en soos wat dit bekend gestaan het as `Glamour Day` het ons opleiding in alle erns begin met Konvensionele oorlogsvoering.   Ek onthou die betrokke dag nog baie goed by Tempe lughawe  Dit was in daardie dae van my diensplig en opleiding wat on


RUS IN VREDE JEFFREY GERALD HOLM

RUS IN VREDE   JEFFREY GERALD HOLM

JEFFREY GERALD HOLM - SOVERRE BEKEND AS DIE EERSTE SOLDAAT WAT OP DIE GRENS DOOD IS Bravo kompanie, grensdiens 1973, Caprivi. GRENSDIENS 1973. Op ’n goeie dag word ons meegedeel dat ons bosoorlogvoeringsopleiding, of teen-insurgensie opleiding, in die Madimbo streek gaan doen. Dit is op die noordelike grens van die Suid-Afrika met Rhodesie, in die omgewing van Mesina. Ons pak toe di


FANIE BOTHA --- DANGLING BY HIS FEET

FANIE BOTHA   ---    DANGLING BY HIS FEET

  DANGLING BY HIS FEET   My Story l/Kpl SW Botha 74489261 1 Parachute Battalion Course 7806 Phase III 24 May 1978 On Wednesday 24 May 1978 we were preparing for Wing Parade, “Glamor Day”, at 1 Parachute Battalion. Most of our parents and guests arrived early that morning at the Battalion. All parents and guests were entertained at the battalion. Al visitors had th


DAWIE DE WET - My Verhaal van Gebeure in Kontak met SWAPO Augustus 1982

DAWIE DE WET   -   My Verhaal van Gebeure in Kontak met SWAPO Augustus 1982

                                                    My Storie   My Storie begin eintlik ses maande  tevore, op die 9de Augustus 1982 gedurende ons eerste Bostrip met die afsterwe van dertien Valskerm soldate.  Dit was ‘n groot slag wat SWAPO (Sout


LUCAS VAN VUUREN - MY STORIE OOR MONGUA - G KOMPANIE 1 VALSK BN 1980 --

LUCAS VAN VUUREN   -  MY STORIE OOR MONGUA  -   G KOMPANIE 1 VALSK BN 1980 --

SMOKESHELL                           29 JULIE 1980   My naam is Lucas van Vuuren. Of soos al my mede makkers van G Kompanie 1979 / 80 geken het as Fires. Ek was en ek glo dat my makkers van G Komp van die beste soldate en Paratroopers was en ek skryf hierdie heri