LUCAS VAN VUUREN   -  MY STORIE OOR MONGUA  -   G KOMPANIE 1 VALSK BN 1980 --

Lucas Van Vuuren - My Storie Oor Mongua - G Kompanie 1 Valsk Bn 1980 --
28 Jun 2019

SMOKESHELL                           29 JULIE 1980

 

My naam is Lucas van Vuuren. Of soos al my mede makkers van G Kompanie 1979 / 80 geken het as Fires. Ek was en ek glo dat my makkers van G Komp van die beste soldate en Paratroopers was en ek skryf hierdie herinnering 39 jaar later soos wat ek dit kan onthou. Dit is ook vir my terapeuties om na al die jare my mede makkers weer te kon opspoor en die gebeure met hulle te deel en aan die wat belangstel.  

Gedurende my tyd by 1 Valskerm Bataljon in Bloemfontein was ons in verskeie aksies teen die vyand van die tyd naamlik Swapo in Angola betrokke en het ons altyd na die aksie verwys as `n Kontak. `n Kontak is `n vreesaanjaende gebeurtenis terugskouend waar ons as soldate voor opgelei was. Ons was jonk en fiks. Valskermsoldate.

In een van die kontakte was ek ernstig gewond en vervolgens deel ek graag my ondervinding.

Die oggend van 29 Julie1980 het ons beweeg met die Buffels Voertuie van Evale na Mongua beide dorpies in Angola. Ons was besig om te ontrek uit Angola. Soos wat ons Mongua genader het, het ek verneem daar is groot moeilikheid vorentoe met die  C Kompanie wat in die vyand vasgeloop het.

In daardie stadium het ons min of geen inligting nie en al wat ons kon doen is met die voertuie vorentoe te jaag en by die geveg betrokke te raak.

Ons het met die Buffel Voertuie inbeweeg. Die vyandelikke mortiere het weerskante van die voertuie ontplof. Ons het van die Buffels afgespring en links inbeweeg. C komp se voertuie was regs van ons en hulle was iewers vorentoe reeds in die geveg vir ongeveer 20 minute sou ek skat.

Ons het vorentoe beweeg en dadelik geweervuur getrek op ons. Dit is chaos rondom jou. Geweervuur, mortiere en skote wat klap.

In die beweging vorentoe hoor ek iemand skree, toe ek kyk is dit Dusty een van my makkers wat raakgeskiet is. Ek sien Wienand met sy LMG (Ligte Masjien Geweer) buk by hom en help hom en ek besef ons is in vir `n groot geveg.

Ons het seker nog so 50 meter aanbeweeg en op die rand van die oopte wat in Owambotaal `n Shona genoem word met bietjie dekking van bosse. Ek was heel links gewees met Piet Kok regs van my toe breek die hel om ons los.

Ek sien toe een man van Swapo of soos ek later verneem het Fapla agter `n boom wat aanmekaar op ons vuur. Ek `time` hom en knyp hom. Voor my aan die linkerkant sien ek die vyand is besig om `n Flank aanval op ons uit te oefen. Hulle is 20 tot 30 meter voor ons en ek kon hoor hoe hulle skree in portugees op mekaar.

Ons beweeg min en skiet `n pad oop. In die beweging hoor ek `n voertuig enjin en skielik kom `n BTR pantser voertuig uit die bosse uit reg op ons af gedreun. Ek skiet op die voertuig en probeer hom tot stilstand te bring tussen die enjin en voorwiele. Ek kry nie sy wiel raakgeskiet nie.

Die BTR draai om en skiet tussen ek en Piet Kok dat die stof staan. Ons le laag en ek probeer om die man wat die masjiengeweer op die BTR beman en op ons skiet, raak te skiet. Dit is moeilik, want as ek opkom is ek dood. Oral in die bome is `snipers` wat ons koppe laag hou.

In my poging om te bly probeer, gebeur wat elke man vrees.

Ek word raakgeskiet    -    AK 47

(EK VERMOED DIT WAS EEN VAN DIE WAT IN `N BOOM WAS)

Met die skoot wat my tref slaan my armspiere die R4 geweer dat dit so drie meter voor my op die grond val. Hy slaan my dat ek op my hurke neerval en my hand druk ek agter my vas en val grond toe. Ek kreun en skree van pyn en dit is toe dat Piet op my skree ek moet stilbly, min wetende dat ek ernstig gewond is. Al die jare het ek gedink dit was Nico Beneke gewees wat net regs van my was in daardie stadium wat dekking gee.

Die koeel het my linker skouer, vier ribbes, linker long, linker nier en die punt van my hart getref. `n Stuk skrapnel sit in my hart se punt en in my linker nier vas.

Ek voel net hoe sak die donker om my en ek weet nie meer wie en wat het my kom help nie. Ek was wakker en bewusteloos. Iemand het my aan my broekspype gesleep en aan my voete . -Gehardloop, sleep vir hulp. `n Dokter het my daar gehelp. Hy het `n gat tussen my ribbes gesteek en`n Drip pyp afgesny, `n dreineer pyp gemaak om die bloed te dreineer. Ek kon die verligting voel soos wat die bloed dreineer en ek voel vir `n oomblik beter.

Ek was wakker en dan is ek weer vir `n paar minute uit en  bewusteloos.

Volgende wat ek weer bykom is toe ek op `n Buffel gelaai word. Ek le met my af ribbes op die sitplek se pyp wat die sitplek vashou. Ek voel die pyn en is moer seer.

Ek het weer my bewusyn verloor en word wakker en besef ek is in `n Puma Helikopter oppad. Ek word afgevoer. Ek verloor weer my bewussyn en word eers weer wakker in die hospitaal op Oshakati. Ek kan onthou hoe hulle my deurstoot na die teater en ek verloor weer my bewussyn. Ek kon onthou die pyn.

Die volgende keer wat ek weer wakker word vlieg ons in die Flossie C130 Vliegtuig met baie gesigte om my.

Die volgende wat ek wakker word was in die ambulans oppad na 1 Militere Hospitaal. Hulle het my nie vasgemaak nie en die geskud het my moer seer gemaak. My arm was koud.

By 1 Mil het die mense `n pad oopgemaak en ek kon onthou hoe stoot hulle my deur.

Daar was `n groot geboude dokter wat my arm wyd oopgemaak het en in die pyn skree ek `sit my uit….sit my uit`.

Ek het wakker geword in die ICU eenheid met pompe, pype en drips en masjiene om my. Ek soek net daar die punt van die koeel wat my getref het en ek wys met my vinger na my hart, iets maak baie seer. Ek kan nie praat nie met die pype in my keel.

Ek is later ontslaan en het by Yskor begin werk in 1981. Met my mediese ondersoek het die x trale gewys die punt sit nog in my en is nooit verwyder nie. In daardie stadium het dit my nie gepla nie. Ek was okay.

Ek het later jare na die Skema op Hartswater verhuis en daar `n pos aanvaar. Op `n dag terwyl ek bestuur het in 1993 het ek gevoel iets is verkeerd en het begin bloed opbring. Ek het inwendig begin bloei en bykans versmoor in my bloed.

Ek is in Bloemfontein in Rosepark hospitaal opgeneem en die koelpunt is uit die long  verwyder. Die oorsaak van die bloeding was die koelpunt wat nooit verwyder is nie en het begin roes en die are is afgesny.

Ek het in 2001 weer `n long operasie gehad waar hulle driekwart van my long verwyder het. Steeds is dit `n groot probleme met my longe en jaarliks kry ek longontsteking en moet dan hospitaal toe.

Nou later jare het ek `n senuwee probleem ontwikkel en is met Parkinson se siekte gediagnoseer.

Ek sit so af en toe en kyk na die patroon se punt. Ek wonder soms of die Fapla nog leef – Die Bliksem --  Hy was ook net `n soldaat wat vir sy land geveg het. Wens ek kon hom ontmoet. Dalk is hy in die geveg dood…… Wie weet….????

Maar die HERE DRA MY ELKE DAG

 

Ek wil dankie se aan my G Kompanie makkers wat my die dag daar uitgehaal het en my lewe gered het.

Aan Dokter Badenhorst op Hartswater wat altyd sy hand op sy kop gesit het en vir my gese het… Links is Hartswater pasiente en Regs is Fires Van Vuuren. Ek het grys geword

Mooi loop almal  -  Ek is dankbaar vir die kans in my lewe


 


Mongua --- 1980 Hel deur Nico Beneke

Mongua --- 1980 Hel deur Nico Beneke

Die jaar was 1980.  Angola. Operasie Smokeshel. G Komp 1980. B Komp en C komp. Na dae se heen en weer gery het ons Veggroep onder leiding van kol Serfontein op Evale gerus. Die opdrag het deurgekom dat die veggroep sal die volgende dag as ek reg kan onthou die sondag iewers aan die einde van Junie 1980 terugtrek na Owamboland en dan Ondangwa. Die Operasie SMOKESHEL is verby -- Ontrek


DAKOTA HIT BY SAM -7

DAKOTA HIT BY SAM -7

How`s this story by -- COLIN GREEN In 1986, a Dakota DC3 while on a flight to Ondangwa at about 8000 ft was hit with a SAM - 7 missile. The explosion ripped of most of the his tail. to add additional pressure, the Dakota was full of military V.I.P. passengers including the Chief Of Army He slowed the Dakota down to 100 knots in order to keep it under control and called for help.  There wa


Follow up to The news Collumn 44 Para Reg

Follow up to The news Collumn  44 Para Reg

In 1983 the Battalion was split to create an independant Parachute training Centre and thereby allow the Battalion as such to become a purely operational unit. By 1967, however,this experiment had been discarded and both training and operational elements werte back under one roof with 1Para, The next development came when the units CF element outgrew the reasonable administrative capacity of the B


Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog Ek het in 1987 skool klaar gemaak, en is toe vir twee jaar weermag toe. 1988 was so aan die stert-kant van die bos oorlog in Namibie, toe nog SWA, Suid-Wes Afrika. Eintlik het ek nie geweet wat ek wou gaan swot het nie, en omdat ek kwaad was vir die lewe, army toe gegaan, toe die oproep instruksies by ons huis opdaag . Ek het in ‘n huis groot geword, waar my pa l


Cassinga Raid -- SWAPO Response

Cassinga Raid  -- SWAPO Response

This document is a true copy of the original Classified response by SWAPO after the Cassinga Raid -- TYPED OVER FROM THE BLUE PRINT COPY   Swapo Report on Cassinga Raid STRICTLY CONFIDENTIAL FOR CENTRAL COMMITTEE MEMBERS ONLY REPORT ON THE KASSINGA MASSACRE COMRADE P. NANYEMBA Place ;  Luanda Date   : 19 th May 1978 Kassinga The attack started at 07 : 15 hours on the 04th


STATIC LINE `FREEFALL`

STATIC LINE  `FREEFALL`

My naam is Derrick Van Zyl Ek het my diensplig gedoen in 1 Valskermbataljon 1981 / 82 ... G Kompanie Valk 2. Junie 1981 net na ons vleulparade en soos wat dit bekend gestaan het as `Glamour Day` het ons opleiding in alle erns begin met Konvensionele oorlogsvoering.   Ek onthou die betrokke dag nog baie goed by Tempe lughawe  Dit was in daardie dae van my diensplig en opleiding wat on


RUS IN VREDE JEFFREY GERALD HOLM

RUS IN VREDE   JEFFREY GERALD HOLM

JEFFREY GERALD HOLM - SOVERRE BEKEND AS DIE EERSTE SOLDAAT WAT OP DIE GRENS DOOD IS Bravo kompanie, grensdiens 1973, Caprivi. GRENSDIENS 1973. Op ’n goeie dag word ons meegedeel dat ons bosoorlogvoeringsopleiding, of teen-insurgensie opleiding, in die Madimbo streek gaan doen. Dit is op die noordelike grens van die Suid-Afrika met Rhodesie, in die omgewing van Mesina. Ons pak toe di


FANIE BOTHA --- DANGLING BY HIS FEET

FANIE BOTHA   ---    DANGLING BY HIS FEET

  DANGLING BY HIS FEET   My Story l/Kpl SW Botha 74489261 1 Parachute Battalion Course 7806 Phase III 24 May 1978 On Wednesday 24 May 1978 we were preparing for Wing Parade, “Glamor Day”, at 1 Parachute Battalion. Most of our parents and guests arrived early that morning at the Battalion. All parents and guests were entertained at the battalion. Al visitors had th


DAWIE DE WET - My Verhaal van Gebeure in Kontak met SWAPO Augustus 1982

DAWIE DE WET   -   My Verhaal van Gebeure in Kontak met SWAPO Augustus 1982

                                                    My Storie   My Storie begin eintlik ses maande  tevore, op die 9de Augustus 1982 gedurende ons eerste Bostrip met die afsterwe van dertien Valskerm soldate.  Dit was ‘n groot slag wat SWAPO (Sout


DIE VLAGPAAL - Ek - RSM Sakkie Marais en Chris Greyling

DIE VLAGPAAL - Ek - RSM Sakkie Marais en Chris Greyling

Ek was op diens die aand by die Bataljon. Sersant aan Diens, ook bekend as die B O S. As jy by die eenheid inkom die rooidak gebou aan die linkerkant van die pad op na die pakhuis. Regs is die Wagte se kamers waar jy slaap as die manne op diens is vir die nag. Die roetine is daagliks dieselfde.....  `n Kompanie, gewoonlik `n Junior kompanie wat besig is met basiese opleiding of na basies voo