Mongua --- !980 Hel

Mongua --- !980 Hel
05 Aug 2015

Die jaar was 1980. 

Angola. Operasie Smokeshel.

G Komp 1980. B Komp en C komp. Na dae se heen en weer gery het ons Veggroep onder leiding van kol Serfontein op Evale gerus. Die opdrag het deurgekom dat die veggroep sal die volgende dag as ek reg kan onthou die sondag iewers aan die einde van Junie 1980 terugtrek na Owamboland en dan Ondangwa. Die Operasie SMOKESHEL is verby -- Ontrek

Die oggende sal die bevel kom dat daar opgepak moet word. Die plan van aksie sal dan wees om sowat 60 km Wes van Evale met die Buffels te ry en daar sal 61 Meg op die dorpie Mongua die Veggroep inwag en die Ratels sal padtrap tot oor die Kaplyn.

G Komp het vir die hele tydperk van die aksie altyd voor gery met die Buffels en is deur die bevel van Serfontein dan beheer op moontlikke teiken en is dan ontplooi met die hulp van `n Bosbok of Cesna in die lug om navigasie te vergemaklik.

Die oggend van ontrekking is G Komp in rus geplaas as die senior Komp en een van die Junior Kompanies is aangese om voor te ry en die konvooi te lei. So gepraat en so gemaak. Bivvies is opgebreek en so vertrek die Veggroep. Ek kan nie mooi onthou was dit B of C wat toe voor ry nie. Ongeveer 20 km wes van Evale hoor ek oor die radio dat die voorste voertuig het n landmyn getrap. 

Drie dae van tevore was ons op dieselfde pad oppad terug van Mongua af en ek het by myself gedink dat die PLAN magte wat versplinter is sekerlik die spore gesien het en die myn geplant het met die gedagte dat die Boere sal dalk weer daar verbykom en weliswaar ... sukses vir SWAPO. Die Buffel is erg besadig en dank die Vader dat daar geen erge beserings is nie.

Die ontrekking is vertraag en bevel gee opdrag dat die pad van daar af gevee moet word en uitgekyk moet word vir versteurings in die pad. Die kompanie wat voor ry sal dan so een of twee kilometer vorentoe beweeg en dan sal die ander opvolg en dan so sal dit rus rus vorentoe beweeg. Luilekker in die Buffel. Ontspanne. Hemde Oopgeknoop en webbing is op die vloer. Ons is besig om te ontrek en vir die afgelope 4 dae was min aksie en spore. Lekker rustig !!!!!

Ek het die pad redelik goed geken vir dat ons reeds 2 keer op die pad beweeg het. Voordat jy van die Oostekant af Mongua nader is daar n groot Shona. Ek kan onthou toe ons die eerstekeer Mongua genader het was dit reguit deur die Shona en toe ons terukeer na Evale se kant toe was dit langs die kant van die Shona af.

Die pad wat die Juniior komp die dag vat was reguit deur die Shona.

Soos die dag aanbeweeg het het ons nader aan Mongua gekom met die vertraging dat die pad gevee moet word. Daar was nie n Spotter Vliegtuig in die lug nie omdat ons nou mos ontrek en die pad ken.

Ek het rustig in die Buffel gesit en wag dat ons moet ry toe ek oor die radio hoor die voorste kompanie het kontak gestamp.

Alle hel breek los op die radios en ons jaag vorentoe om by die manne aan te sluit. Ek het myself vasgegespe en die drywer geskree hy moet sy gat roer en jaag op die spore totdat ons die voorste voertuie kry. Net voordat ons die groot Shona wil inry vang my oog die Tenkspore langs die pad en ek skrik myself wakker en besef hier is groot moeilikheid.

Toe ons deur die bosse in die oopte injaag sien ek die ander Buffels voor ons staan en ons sluit links van hulle aan en die opdrag is ons moet links van die kompanie voor ons aansluit en ek kan hoor die hel is los. Ek staan op die Buffel se voorste linkerband en skree toe klap die eerste skote om ons. Die Buffel se band word onder my papgeskiet en ek spring af en sit laag. Die 82 mm mortiere ontplof oral om ons en ons beweeg deur die oopte sonder om af te gaan en poog om langs C komp aan te sluit wat reeds in die geveg is. Dit is ongeveer 2 Uur die middag.

Intussen klap die skote en ek kan sien dat C komp se manne le vlak in die rand van die Shona en G Komp bereik die Shona se rant links van C Komp.

Die Hel is Los.  SWAPO het vir ons gele en wag en ons het soos suckers binne in hul hinderlaag ingery. Die hinderlaag is so groot dat twee kompanies daarin pas. Hulle is ingegrawe en ons is oop teikens en die skote klap. Gou kom ons agter dat hulle Snipers in die bome geplant het wat met akkurate skote ons laag hou terwyl die SWAPO Cadres besig is om nader te kom.

Een van G komp se troepe is reeds gewond.... en nog een..... en nog een. Die  Hel is nog steeds los.

Sewe van ons le agter n groot miershoop vasgedruk. Jy kan nie jou gat draai nie of die snipers skiet op jou. Ons le net uit een van hulle se sigveld. Ek probeer uitvind wat die gevegsituasie is en roep op die radio maar die geraas is so erg van die geweervuur ek kan min hoor.

Ons sien bewegings en soos die geveg aangaan hoor ek hoe skree SWAPO in portugees op mekaar hier vlak voor ons. Sekondes later sien ek nie eens 10 meter voor my nie hoe kom hulle aan in vuur en beweging. Ek skree hardop wat ek dink en die manne hou by en ons vuur verwoed terug. Neffens regs van my hoor ek takke raas en en n voertuigenjin se revolusies wat hoog is en die volgende oomblik kom n BTR met `n 14,7 mm gemonteer agterop reguit na ons toe. Sekerlik het die drywer ons in die stadium nognie gesien nie en die volgende oomblik draai hy weg. Hy mis twee van die manne met 3 meter. Die SWAPO man wat die 14.7 mm beheer sien die 2 Paratroopers en ek sien hy eleveer die wapen om hulle te skiet en van iewers af kom `n skoot en ek sien hy val. Intussen het die SWAPO Cadres wat nader aan ons beweeg het staties geraak en die bos is redelik dig tussen ons. 

Ons le nog steeds agter die miershoop plat vir seker al `n uur lank en kan nie beweeg nie. `n Manskap word reg langs my geskiet deur die skouer in die long in .. ek kan net mooi niks doen nie. Ek probeer help om hom om te draai sodat sy beseerde long onder is dat hy nie versmoor nie.

Terwyl ek semi op is vang my oog n beweging links en ek besef wat aangaan. SWAPO is besig met n flankaanval op ons van links af en hulle gaan ons afsny. Ek vlieg op en hardloop deur die Shona en per geluk kry ek die kompaniesamejoor en Bevelgroep en ons maak `n vinnige opsomming. Die enigste ondersteuningsvuur wat ons het behalwe R4 en LMG is Patmor 60 mm mortiere. Ek en KSM vat twee en vat die afstand en gee die manne ondersteuning met die mortiere wat afgesny gaan word deur die flankaanval. 

Met die Vader se genade van Bo val die tweede of die derde mortier met `n skoot een uit `n miljoen reguit in die BTR se mangat in en die rookpluime skiet die lug in. Intussen het die Bev van G Komp Valkgroep 3 getaak om SWAPO met `n sy aanval aan te vat. Ek het intussen weer by die manne uitgekom by die miershoop en die situasie is toe duidelik. Ons moet ondersteuningsvuur gee en die manne sal van links af kom en die flankaanval stuit.

Die plan het gewerk... Dank die vader. Die geweervuur begin effens afneem en ons begin vorentoe kruip beweeg en vuur. Die eerste SWAPO gesneuweldes le 10 meter voor die miershoop. Baie. Ons begin effens beweeg stadig vorentoe. Meer en meer Cadres le rond. Ek sien links van my n boshoed met Daglo op en besef die flankmanne is by ons en die Swapo weerstand begin by ons stiller raak. My goeie vriend tel die Cadres .. hy kom by 70 tot 80. Ek wonder hoeveel gesneuweldes was daar by B en C kompanies

Almal praat oral. Die ooglede is wyd oop en moeg.

Ek hoor op die radio ons moet ontrek terug voertuie toe die Impalas en Mirages is oppad van Ondangwa en Grootfontein af.

Dis al amper sesuur en ons het tweeuur kontak gestamp.Ons trek terug tot op die rand van die Shona en ek hoor op my radio die Mirages kom in en ek kyk op. Wat n mooi gesig vir my. Uit `n hoogte van `n spikkeltjie gestagger kom hulle oor die dorp in en die Bomme val neer. 

Ons gee pad en trek voertuie toe.

Daar aangekom toe le my Buffel nog mank met sy Pap Band. Die geveg was langer as 4 ure. Die Ratels kom eers later en die gewondes word afgevoer met die PUMAS en die Impalas sirkel vir ondersteuning.

Moeg en op ry ons deur die nag kaplyn toe. Dankie dat ons fiks was. Dankie Here vir die beskerming op die dag

Ek dink terug aan die dae. SWAPO en die SAW. 

Ek wil vandag aan SWAPO eer gee dat hulle goeie vegters was en hul doel bereik het -- Namibie

B-Komp se een manskap Sktr KOK het sy Honoris Crux die dag gekry vir dapperheid.


 

 

 

 


DAKOTA HIT BY SAM -7

DAKOTA HIT BY SAM -7

How`s this story by -- COLIN GREEN In 1986, a Dakota DC3 while on a flight to Ondangwa at about 8000 ft was hit with a SAM - 7 missile. The explosion ripped of most of the his tail. to add additional pressure, the Dakota was full of military V.I.P. passengers including the Chief Of Army He slowed the Dakota down to 100 knots in order to keep it under control and called for help.  There wa


Follow up to The news Collumn 44 Para Reg

Follow up to The news Collumn  44 Para Reg

In 1983 the Battalion was split to create an independant Parachute training Centre and thereby allow the Battalion as such to become a purely operational unit. By 1967, however,this experiment had been discarded and both training and operational elements werte back under one roof with 1Para, The next development came when the units CF element outgrew the reasonable administrative capacity of the B


Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog Ek het in 1987 skool klaar gemaak, en is toe vir twee jaar weermag toe. 1988 was so aan die stert-kant van die bos oorlog in Namibie, toe nog SWA, Suid-Wes Afrika. Eintlik het ek nie geweet wat ek wou gaan swot het nie, en omdat ek kwaad was vir die lewe, army toe gegaan, toe die oproep instruksies by ons huis opdaag . Ek het in ‘n huis groot geword, waar my pa l


Cassinga Raid -- SWAPO Response

Cassinga Raid  -- SWAPO Response

This document is a true copy of the original Classified response by SWAPO after the Cassinga Raid -- TYPED OVER FROM THE BLUE PRINT COPY   Swapo Report on Cassinga Raid STRICTLY CONFIDENTIAL FOR CENTRAL COMMITTEE MEMBERS ONLY REPORT ON THE KASSINGA MASSACRE COMRADE P. NANYEMBA Place ;  Luanda Date   : 19 th May 1978 Kassinga The attack started at 07 : 15 hours on the 04th


STATIC LINE `FREEFALL`

STATIC LINE  `FREEFALL`

My naam is Derrick Van Zyl Ek het my diensplig gedoen in 1 Valskermbataljon 1981 / 82 ... G Kompanie Valk 2. Junie 1981 net na ons vleulparade en soos wat dit bekend gestaan het as `Glamour Day` het ons opleiding in alle erns begin met Konvensionele oorlogsvoering.   Ek onthou die betrokke dag nog baie goed by Tempe lughawe  Dit was in daardie dae van my diensplig en opleiding wat on


RUS IN VREDE JEFFREY GERALD HOLM

RUS IN VREDE   JEFFREY GERALD HOLM

JEFFREY GERALD HOLM - SOVERRE BEKEND AS DIE EERSTE SOLDAAT WAT OP DIE GRENS DOOD IS Bravo kompanie, grensdiens 1973, Caprivi. GRENSDIENS 1973. Op ’n goeie dag word ons meegedeel dat ons bosoorlogvoeringsopleiding, of teen-insurgensie opleiding, in die Madimbo streek gaan doen. Dit is op die noordelike grens van die Suid-Afrika met Rhodesie, in die omgewing van Mesina. Ons pak toe di


FANIE BOTHA --- DANGLING BY HIS FEET

FANIE BOTHA   ---    DANGLING BY HIS FEET

  DANGLING BY HIS FEET   My Story l/Kpl SW Botha 74489261 1 Parachute Battalion Course 7806 Phase III 24 May 1978 On Wednesday 24 May 1978 we were preparing for Wing Parade, “Glamor Day”, at 1 Parachute Battalion. Most of our parents and guests arrived early that morning at the Battalion. All parents and guests were entertained at the battalion. Al visitors had th