Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis En Die Bosoorlog
11 Oct 2015

Nikodemis en die bosoorlog

Ek het in 1987 skool klaar gemaak, en is toe vir twee jaar weermag toe. 1988 was so aan die stert-kant van die bos oorlog in Namibie, toe nog SWA, Suid-Wes Afrika. Eintlik het ek nie geweet wat ek wou gaan swot het nie, en omdat ek kwaad was vir die lewe, army toe gegaan, toe die oproep instruksies by ons huis opdaag .

Ek het in ‘n huis groot geword, waar my pa liberaal gesind was, en ons groot gemaak het met die verstaan, dat swart mense, mense is! Hy het gemaklik met hulle omgegaan!

En daarom toe ek weermag toe is, was dit nie om teen die ANC of swart mense oorlog te maak nie. Dit was net om oorlog te maak! Ek wou skiet! Ek was kwaad vir die lewe! Ek het op skool, terwyl ek geen ambisie gehad het nie, gedroom om uiteidelik, of ‘n huur soldaat te word, of as ‘n monnik te gaan werk in ‘n klooster . Eintlik is ‘n monnik soos ‘n huur soldaat, en ‘n huur soldaat soos ‘n monnik. Die Franse Vreemde Legioen – huur soldate, het ‘n lied wat hulle sing: ons is die honde van die wereld, maar ons is vir mekaar daar!

Dikwels is ek ‘n k@#$&r boetie genoem, omdat ek nie met die politiek saam gestem het nie. Ek het nie omgegee nie. Ek was fiks, groot en op my eie missie, en niemand het met my gesukkel nie!

In April 1989, net na Untag, SWA oorgeneem het, om die transissie, na ‘n vrye verkiesing te begelei, het daar ‘n groep van oor die 250 SWAPOS oor die Angola grens gekom, en amok gesaai. Ons was op daardie stadium met oefeninge in Upington besig, en vandaar is ons uitgevlieg om die situasie in SWA onder beheer te bring! Ek was deel van die valskerm bateljon. Daar het ‘n opwindende 3 maande voorgele^!

Daar is baie stories en staaltjies uit hierdie tyd, maar die een wat die meeste indruk op my gemaak het, was die een van Nikodemis!

Net voor ek sy storie vertel, net gou ‘n ander een: ons was op ‘n maal uitgestuur om patrollie te stap, vir ‘n week lank. Na drie dae het ons ‘n klein dorpie binne gegaan en hulle het ‘n “kuka shop” gehad, wat ‘homebrew’ bier verkoop het teen 20 sent per liter. Dit was goedkoop dronk word, en toe besluit ons om die volgende 4 dae, hier uit te hang, en elke aand die oornagplek, waar ons eintlik moes oorslaap, deur te radio, maar eintlik was ons nie daar nie. Op die laaste oggend van die week patrollie, radio die majoor ons daardie oggend, om te hoor of ons nog op dieselde plek is, as waar ons die vorige nag oorgeslaap het! As ons in ‘n groot sirkel oor die week gestap het, sou dit nie te ver gewees het, van waar ons die 4 dae spandeer het nie, want ons sou teen die aand daar opgelaai gewees het. En die seiner antwoord, dat ons nog op dieselde plek is, waarna die antwoord van die majoor oor die radio terugkom, waar hy se^, hy staan op die plek waar ons die ruit verwysing van opgegee het, en ons is nie daar nie! O, was ons in die moeilikheid!!! Hy radio toe en se^ ons kan self by die kamp kom, wat seker ‘n goeie 4 ure se ry van daar af was.

Ons het na die naaste groot dorp gestap. Ek onthou hoe ons kleinspan van 8, vuil, ongekeerd, met dieselde stel klere, wat ons vir ‘n week aangehad het, en met ons gewere, in die dorp in ‘n supermark ingestap het. Ek het een van daardie groot gewere gehad, met amunisie wat in bande om my lyf was. Dit het “scary” gelyk, die klomp vuil ouens in die Spar, met die groot gewere. Mense was geskok, en bang en het nie geweet hoe om te reageer nie.

Na ons inkopies, het  ons ‘n ou buite in die straat, wat ‘n groot bakkie ry, voorgekeer en hom gevra of hy ons, sou tergvat na ons kamp toe. Ek weet nie of hy beplan het om in daardie rigting te ry nie, maar hy het vinnig ingestem om ons ‘n “lift” te gee.

                                #                                             #                                             #

Heelwat van die vyand is gevange geneem,  in die verskeie skermutselinge. Ek was deel van ‘n span, waar hulle ons in die berge ingevlieg het, en waar ons spoor gesny het, en dan agter die vyand aangehardloop het. Rondom die berge was daar stopper groepe wat dan gewag het, om wanneer die ouens wat ons jaag, uit die berge uit hardloop, te skiet of te vang!

Een so ou wat gevang was, was ‘n groepsbevelvoerder. Nadat alle inligting uit hom gehaal was, is hy aan ons kleinspan toegewys, en ons moes saam met hom die berge ingaan, waar hy van hul wapen opslag plekke moes gaan uitwys. Op daardie stadium het ons al al die opslag plekke gekry, maar hy moes ons gaan wys, sodat ons kon seker maak ons het alles gekry.

Dit was winter in SWA en in die aande was dit bitter koud. Die gevange soldaat wat saam met ons gestap het, en die opslag plekke moes uitwys, het net ‘n broek en ‘n hemp aangehad. Geen trui en geen skoene, en sy hande was die hele tyd in boeie. Sy naam was Nikodemis!! Soos die Bybelse Nikodemis van Johannes 3!

Hy het in sy lewe voordat hy ‘n soldaat geword het, as myner by ‘n myn in Sishen gewerk. In sy vrye tyd en oor naweke het hy as pastoor gedien in ‘n kerk daar. SWAPO het een aand op die kampong toegeslaan en gese^ hy moet, of vir hulle as soldaat kom veg, of hulle maak sy familie dood. Nie veel van ‘n keuse nie!  Nikodemis was ‘n skrander man, en het vinnig ‘n offisier geword, en is vir opleiding Rusland toe gestuur. Hy was ‘n jaar daar vir opleiding en het uiteindelik ‘n bevelvoerder geword. Die laaste 3 jaar voor hy gevang is, was vir hom baie moeilik. Hy het nie betaling gekry nie, en hy het vreeslik na sy familie verlang. En toe word hy gevang, en saam met ons kleinspan gesit, en hierdie k$#@@&r boetie kry die voorreg om hom op te pas, en God gee my die voorreg om aande tot laat met Nikodemis te gesels, oor God en oor die lewe, wetend dat indien hy hier loskom, hy seker my keel sou afsny en vlug. Maar vir daardie paar aande wat ons saam was, was ons twee mense, manne van God, aan veskillende kante van ‘n geweer se loop. Nikodemis word in die Bybel, die nag dissipel genoem! En ek en Nikodemis het aande, tot laat oor God en oor onreg gepraat. In daardie situasie neem menswaardigheid oor. Daar het ons vir hom ‘n trui en kouse gegee om aan te trek, en ‘n slaapsak vir die aand!

God se wereld is klein, en interessant, en as jy jou oe oophou, is daar ‘n brandende bos om elke draai! So het God my daar, in die bosoorlog besoek, deur ‘n swart, vyandige, bevelvoerder met die naam Nikodemis!


Mongua --- !980 Hel

Mongua --- !980 Hel

Die jaar was 1980.  Angola. Operasie Smokeshel. G Komp 1980. B Komp en C komp. Na dae se heen en weer gery het ons Veggroep onder leiding van kol Serfontein op Evale gerus. Die opdrag het deurgekom dat die veggroep sal die volgende dag as ek reg kan onthou die sondag iewers aan die einde van Junie 1980 terugtrek na Owamboland en dan Ondangwa. Die Operasie SMOKESHEL is verby -- Ontrek


DAKOTA HIT BY SAM -7

DAKOTA HIT BY SAM -7

How`s this story by -- COLIN GREEN In 1986, a Dakota DC3 while on a flight to Ondangwa at about 8000 ft was hit with a SAM - 7 missile. The explosion ripped of most of the his tail. to add additional pressure, the Dakota was full of military V.I.P. passengers including the Chief Of Army He slowed the Dakota down to 100 knots in order to keep it under control and called for help.  There wa


Follow up to The news Collumn 44 Para Reg

Follow up to The news Collumn  44 Para Reg

In 1983 the Battalion was split to create an independant Parachute training Centre and thereby allow the Battalion as such to become a purely operational unit. By 1967, however,this experiment had been discarded and both training and operational elements werte back under one roof with 1Para, The next development came when the units CF element outgrew the reasonable administrative capacity of the B


Cassinga Raid -- SWAPO Response

Cassinga Raid  -- SWAPO Response

This document is a true copy of the original Classified response by SWAPO after the Cassinga Raid -- TYPED OVER FROM THE BLUE PRINT COPY   Swapo Report on Cassinga Raid STRICTLY CONFIDENTIAL FOR CENTRAL COMMITTEE MEMBERS ONLY REPORT ON THE KASSINGA MASSACRE COMRADE P. NANYEMBA Place ;  Luanda Date   : 19 th May 1978 Kassinga The attack started at 07 : 15 hours on the 04th


STATIC LINE `FREEFALL`

STATIC LINE  `FREEFALL`

My naam is Derrick Van Zyl Ek het my diensplig gedoen in 1 Valskermbataljon 1981 / 82 ... G Kompanie Valk 2. Junie 1981 net na ons vleulparade en soos wat dit bekend gestaan het as `Glamour Day` het ons opleiding in alle erns begin met Konvensionele oorlogsvoering.   Ek onthou die betrokke dag nog baie goed by Tempe lughawe  Dit was in daardie dae van my diensplig en opleiding wat on


RUS IN VREDE JEFFREY GERALD HOLM

RUS IN VREDE   JEFFREY GERALD HOLM

JEFFREY GERALD HOLM - SOVERRE BEKEND AS DIE EERSTE SOLDAAT WAT OP DIE GRENS DOOD IS Bravo kompanie, grensdiens 1973, Caprivi. GRENSDIENS 1973. Op ’n goeie dag word ons meegedeel dat ons bosoorlogvoeringsopleiding, of teen-insurgensie opleiding, in die Madimbo streek gaan doen. Dit is op die noordelike grens van die Suid-Afrika met Rhodesie, in die omgewing van Mesina. Ons pak toe di


FANIE BOTHA --- DANGLING BY HIS FEET

FANIE BOTHA   ---    DANGLING BY HIS FEET

  DANGLING BY HIS FEET   My Story l/Kpl SW Botha 74489261 1 Parachute Battalion Course 7806 Phase III 24 May 1978 On Wednesday 24 May 1978 we were preparing for Wing Parade, “Glamor Day”, at 1 Parachute Battalion. Most of our parents and guests arrived early that morning at the Battalion. All parents and guests were entertained at the battalion. Al visitors had th