RUS IN VREDE   JEFFREY GERALD HOLM

Rus In Vrede Jeffrey Gerald Holm
22 Dec 2016

JEFFREY GERALD HOLM - SOVERRE BEKEND AS DIE EERSTE SOLDAAT WAT OP DIE GRENS DOOD IS Bravo kompanie, grensdiens 1973, Caprivi. GRENSDIENS 1973. Op ’n goeie dag word ons meegedeel dat ons bosoorlogvoeringsopleiding, of teen-insurgensie opleiding, in die Madimbo streek gaan doen. Dit is op die noordelike grens van die Suid-Afrika met Rhodesie, in die omgewing van Mesina. Ons pak toe die pad na die oefening aan met voertuie. Op pad na Mesina slaap ons die eerste aand in die basis van die SP wag, Staatspresidents-wag by Pretoria. Die volgende oggend deel die PF’s ons mee dat ons gaan omdraai en dat ons weer op pad terug Bloemfontein toe is. So word ons toe ook ingelig dat ons op pad grens toe is. Ons keer terug Bloemfontein toe. Die kompanie is te klein om al die opgelegde grenstake te verrig enn gedeelte van die junior kompanie, Alfa kompanie word by ons ingedeel om ons getalle reg te kry. Daar word weer vinnig opleiding gedoen om die juniors op standaard te bring. Vir Sakkie was geen opleiding voltooi voor hy nie die geleentheid gekry het om die troepe goed te jaag nie. Omrede die nuwe troepe nog nie mooi op standaard was nie, het ons van “blanks” gebruik gemaak vir die eerste paar dae van opleiding saam met die nuwe troepe. Alles het goed gegaan en almal het mooi saamgewerk, dus het Sakkie nie regtig ’n rede gekry om ons te jaag nie, dis nou nie te sê dat hy ooit ’n rede nodig gehad het nie. In elk geval toe hulle by geleentheid weer “blanks” uit deel en almal ’n magasyn vol maak, word die leë karton dosies op ’n hoop gegooi en aan die brand gesteek. Ons merk toe op dat Sakkie ook ’n pakkie “blanks” vat en ook sy magasyn vol maak, geen rede om dit te doen nie, toe hy sy leë dosie op die vuur gooi haal hy sy fluitjie uit en staan so ’n entjie weg van die vuur af. Die volgende oomblik ontplof daar ’n “blank” in die vuur, dit was al wat hy nodig gehad het. Hy wou dadelik weet wie die sot was wat nie al sy blanks uit die pakkie gehaal het nie. Natuurlik was dit nie een van ons nie. Dit was hy! Daar het Sakkie toe sommer gou ’n rede geskep, om ons goed in daai koppies in die omgewing rond te jaag. Jare later terwyl ek die boek geskryf het, het ek weer oor die insident gedink, ek het besef dit wat Sakkie gedoen het, was meer as net om ons rond te jaag, ons was senior troepe met ’n klomp junior troepe aan ons toegevoeg, ons was twee groepe, ons en hulle. Sakkie het ons saam laat swaarkry, saam laat sweet. Wat hy eintlik gedoen het was om van ons ’n eenheid te maak. Hy het gesorg dat ons saam sou kon oorlog voer, almal net valskerm-soldate. Ja, Sakkie Marais was maar ’n lelike ou, maar hy was darem gelukkig nie dom ook nie! Dit was in hierdie tyd wat Sersant Kevin Potgieter homself dood geval het tydens ’n vryval sprong op die 16de Mei 1973. ‘n Paar dae later het ons vertrek grens toe, ’n konvooi van ongeveer 40 voertuie. Saam met ons was daar ’n nuwe mynbestande proto tipe ambulans, ’n “Boggel bees”. Die ambulans het dit ongelukkig nie gemaak tot op die grens nie. Elke aand het ons by ’n ander militêre basis geslaap, die voertuie moes na elke twee uur se ry stop vir ongeveer tien minute, sodat die troepe kon bene rek, na die volgende twee uur vir twintig minute en dan weer tien minute. Behalwe vir kos wat ons af en toe by ander eenhede gekry het, was daar ’n Bedford vol blikkies kos wat saam gery het, gevolglik het die meeste van die etes langs die pad bestaan uit blikkies kos. Die ergste van die hele spul was “Braised Steak and Onions”, daar het altyd so ’n laag geel-wit harde vet bo-op die vleis en uie in die blik gedryf en die uie het almal baie winderig gemaak. Die enigste troep wat tydens ons eerste grens-ondervinding gesterf het, was Skutter J G Holm, hy is op 26 Mei 1973 dood nadat hy van ’n Bedford trok afgeval het. Die trok het op die pad deur ’n gat gery. Holm het van die trok afgeval en op sy kop beland. Hy was sodanig beseer dat hy bewusteloos was en op die toneel aan sy beserings gesterf het. Tenspyte al die pogings om sy lewe te red op die toneel, was daar niks wat gehelp het nie. Ons het ’n gedenksteen gebou op die plek waar hy gesterf het. Ek het jare later ’n kamp saam met sy jonger broer gedoen wat ook ’n valskerm-soldaat geword het. Ons het gereeld patrollies in Zambië gedoen waar daar redelik baie voertuig bedrywighede van SWAPO of die weermag van Zambië was. Dit was die “begin” van n oorlog wat eintlik al in 1966 begin het. Hierna het die oorlog na Ovambo-land geskuif en het Valskerm-soldate hulself verewig as die beste soldate wat daar ooit was. DIE GEDENKSTEEN WAT ONS OPGERIG HET OP DIE PLEK WAAR HOLM GESTERF HET.

Mongua --- !980 Hel

Mongua --- !980 Hel

Die jaar was 1980.  Angola. Operasie Smokeshel. G Komp 1980. B Komp en C komp. Na dae se heen en weer gery het ons Veggroep onder leiding van kol Serfontein op Evale gerus. Die opdrag het deurgekom dat die veggroep sal die volgende dag as ek reg kan onthou die sondag iewers aan die einde van Junie 1980 terugtrek na Owamboland en dan Ondangwa. Die Operasie SMOKESHEL is verby -- Ontrek


DAKOTA HIT BY SAM -7

DAKOTA HIT BY SAM -7

How`s this story by -- COLIN GREEN In 1986, a Dakota DC3 while on a flight to Ondangwa at about 8000 ft was hit with a SAM - 7 missile. The explosion ripped of most of the his tail. to add additional pressure, the Dakota was full of military V.I.P. passengers including the Chief Of Army He slowed the Dakota down to 100 knots in order to keep it under control and called for help.  There wa


Follow up to The news Collumn 44 Para Reg

Follow up to The news Collumn  44 Para Reg

In 1983 the Battalion was split to create an independant Parachute training Centre and thereby allow the Battalion as such to become a purely operational unit. By 1967, however,this experiment had been discarded and both training and operational elements werte back under one roof with 1Para, The next development came when the units CF element outgrew the reasonable administrative capacity of the B


Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog Ek het in 1987 skool klaar gemaak, en is toe vir twee jaar weermag toe. 1988 was so aan die stert-kant van die bos oorlog in Namibie, toe nog SWA, Suid-Wes Afrika. Eintlik het ek nie geweet wat ek wou gaan swot het nie, en omdat ek kwaad was vir die lewe, army toe gegaan, toe die oproep instruksies by ons huis opdaag . Ek het in ‘n huis groot geword, waar my pa l


Cassinga Raid -- SWAPO Response

Cassinga Raid  -- SWAPO Response

This document is a true copy of the original Classified response by SWAPO after the Cassinga Raid -- TYPED OVER FROM THE BLUE PRINT COPY   Swapo Report on Cassinga Raid STRICTLY CONFIDENTIAL FOR CENTRAL COMMITTEE MEMBERS ONLY REPORT ON THE KASSINGA MASSACRE COMRADE P. NANYEMBA Place ;  Luanda Date   : 19 th May 1978 Kassinga The attack started at 07 : 15 hours on the 04th


STATIC LINE `FREEFALL`

STATIC LINE  `FREEFALL`

My naam is Derrick Van Zyl Ek het my diensplig gedoen in 1 Valskermbataljon 1981 / 82 ... G Kompanie Valk 2. Junie 1981 net na ons vleulparade en soos wat dit bekend gestaan het as `Glamour Day` het ons opleiding in alle erns begin met Konvensionele oorlogsvoering.   Ek onthou die betrokke dag nog baie goed by Tempe lughawe  Dit was in daardie dae van my diensplig en opleiding wat on


FANIE BOTHA --- DANGLING BY HIS FEET

FANIE BOTHA   ---    DANGLING BY HIS FEET

  DANGLING BY HIS FEET   My Story l/Kpl SW Botha 74489261 1 Parachute Battalion Course 7806 Phase III 24 May 1978 On Wednesday 24 May 1978 we were preparing for Wing Parade, “Glamor Day”, at 1 Parachute Battalion. Most of our parents and guests arrived early that morning at the Battalion. All parents and guests were entertained at the battalion. Al visitors had th