STATIC LINE  `FREEFALL`

Static Line `Freefall`
12 Dec 2016

My naam is Derrick Van Zyl

Ek het my diensplig gedoen in 1 Valskermbataljon 1981 / 82 ... G Kompanie Valk 2.

Junie 1981 net na ons vleulparade en soos wat dit bekend gestaan het as `Glamour Day` het ons opleiding in alle erns begin met Konvensionele oorlogsvoering.

 

Ek onthou die betrokke dag nog baie goed by Tempe lughawe  Dit was in daardie dae van my diensplig en opleiding wat ons min die geleentheid gekry het na kursus om met `Stearables~  (Stuurbare) valskerms te spring. Daar was `n ander afwagting en opgewondenheid om die verskil te ervaar na die Pampoene en die kursus wat verby is.

Soos wat dit ook die geluk is en ook min gebeur het, het somigge manne twee spronge gedoen. Een met die Pampoen en dan een met die `Stearable`. Met ons tweede sprong die dag uit Dakotas DC 3 was ek nommer twintig in die string, nadat ek as nommer twintig uit die vliegtuig uit is, was ek eerste op die grond.

 

Met die uitgang uit die Dakota het een van die valskerm se `Capewells` heeltemal los gekom van my linker skouer af en my teen die helmet getref. Met inspeksie op my hoof ontplooing sien ek dat ek net aan die linkerkant se draaglyne hang. Die regterkant van die valskerm is weg en die Canopy half ontplooi. 

Ek besef dat daar is groot moeilikheid en die drils maal deur my kop en ek probeer om in hierdie stadium net op te kyk, fout te soek en te aseseer en moontlik my hoof doek oop te kry. Ek kon nie n `Cutaway` doen nie want ek weet in die stadium in die harwar nie hoe vinnig ek grond toe val nie. Ons is ook nie geleer op kursus hoe om `n `Cutaway` te doen nie. Al wat ek weet is, as daar fout kom is om jou noodvalskerm te trek wat vinnig ontplooi.

Ek trek ten laaste my noodvalskerm en die ontplooi oombliklik. Met die ontplooing slaan die noodvalskerm my in die gesig en ek probeer die draaglyne van die Nood weg te druk. Met die Hoofvalskerm wat fladder en die draaglyne en Capewell wat los fladder raak die Noodvalskerm verstrengel in die gedeeltelik ontplooide hoofvalskerm. Ek ruk en pluk en trek aan die Noodvalskerm maar niks gebeur nie en die grond kom met `n spoed nader. 

Met die gesukkel om die draaglyne los te kry snap ek dat die grond sekerlik nou naby moet wees en toe ek afkyk tref ek op die gegewe oomblik die grond. Mooi bene bymekaar soos op die kursus in my kop ingeprent was en tot nou toe. Tot my lewensredding.

 

Ek bly le `n rukkie en besef nie mooi wat gebeur het nie en sien die ander manne land om my wat eerste uit die vliegtuig is. Die manne wat naaste aan my land staar na my kant toe en wil nie nader kom nie en verwag die ergste. 

Ek staan stadig op en die manne beweeg weg, verder van my af asof hulle ook nie kan glo wat gebeur het nie en lyk of hulle die hasepad wil kies. Ek sukkel, staan op en loop `n paar tree. Skielik slaan ek neer op die grond van skok en besef die werklikheid wat met my gebeur het en ek lewe. Niks is gebreek in my lyf nie. Net die skok.

Samejoor Jonny Kieser het na my toe aangehardloop gekom en my gevra of alles reg is. Ek het hom geantwoord alles is reg.

 

Die normale proses van afvoer is gevolg en die ambulans is nader geroep en ek is hospitaal toe geneem vir `n behoorlikke skandering. Al wat fout gevind was, is dat ek my gewrig verstuit het.

Na `n week se herstel is ek weer terug na die Opleidingsvleul (Hanger) en onder leiding Van Staf Pietersen (RIV) en Willie Bolton het ek weer my selfvertroue opgebou. Ek het daarna weer gespring en gelukkig sonder voorval die grond hierdie keer met `n behoorlikke veiligge landing gehaal. Sywaarts na regs. Voete bymekaar.

Vir die res van die jaar het dit goed gegaan en is ons G Kompanie operasioneel ontplooi op Ongiva in Angola. 

Op my `Profile Pic` is `n foto van my wat geneem is deur Charley Allcock net voordat ek die grond tref. Op die foto kan duidelik gesien word : Die half ontplooide Hoofvalskerm en die verstrengelde Noodvalskerm in die Hoof se draaglyne.

 

Na die voorval het ek die besonderse bynaam van `VRYVAL`  Van Zyl gekry by die G Kompanie manne.

Ek wil graag my verhaal afsluit met die besonderse woorde in eer

~WE HAVE A AWESOME GOD`     AMEN .... !!!!

Groete 

VRYVAL      -     Airborne Altyd


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Mongua --- !980 Hel

Mongua --- !980 Hel

Die jaar was 1980.  Angola. Operasie Smokeshel. G Komp 1980. B Komp en C komp. Na dae se heen en weer gery het ons Veggroep onder leiding van kol Serfontein op Evale gerus. Die opdrag het deurgekom dat die veggroep sal die volgende dag as ek reg kan onthou die sondag iewers aan die einde van Junie 1980 terugtrek na Owamboland en dan Ondangwa. Die Operasie SMOKESHEL is verby -- Ontrek


DAKOTA HIT BY SAM -7

DAKOTA HIT BY SAM -7

How`s this story by -- COLIN GREEN In 1986, a Dakota DC3 while on a flight to Ondangwa at about 8000 ft was hit with a SAM - 7 missile. The explosion ripped of most of the his tail. to add additional pressure, the Dakota was full of military V.I.P. passengers including the Chief Of Army He slowed the Dakota down to 100 knots in order to keep it under control and called for help.  There wa


Follow up to The news Collumn 44 Para Reg

Follow up to The news Collumn  44 Para Reg

In 1983 the Battalion was split to create an independant Parachute training Centre and thereby allow the Battalion as such to become a purely operational unit. By 1967, however,this experiment had been discarded and both training and operational elements werte back under one roof with 1Para, The next development came when the units CF element outgrew the reasonable administrative capacity of the B


Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog

Nikodemis en die bosoorlog Ek het in 1987 skool klaar gemaak, en is toe vir twee jaar weermag toe. 1988 was so aan die stert-kant van die bos oorlog in Namibie, toe nog SWA, Suid-Wes Afrika. Eintlik het ek nie geweet wat ek wou gaan swot het nie, en omdat ek kwaad was vir die lewe, army toe gegaan, toe die oproep instruksies by ons huis opdaag . Ek het in ‘n huis groot geword, waar my pa l


Cassinga Raid -- SWAPO Response

Cassinga Raid  -- SWAPO Response

This document is a true copy of the original Classified response by SWAPO after the Cassinga Raid -- TYPED OVER FROM THE BLUE PRINT COPY   Swapo Report on Cassinga Raid STRICTLY CONFIDENTIAL FOR CENTRAL COMMITTEE MEMBERS ONLY REPORT ON THE KASSINGA MASSACRE COMRADE P. NANYEMBA Place ;  Luanda Date   : 19 th May 1978 Kassinga The attack started at 07 : 15 hours on the 04th


RUS IN VREDE JEFFREY GERALD HOLM

RUS IN VREDE   JEFFREY GERALD HOLM

JEFFREY GERALD HOLM - SOVERRE BEKEND AS DIE EERSTE SOLDAAT WAT OP DIE GRENS DOOD IS Bravo kompanie, grensdiens 1973, Caprivi. GRENSDIENS 1973. Op ’n goeie dag word ons meegedeel dat ons bosoorlogvoeringsopleiding, of teen-insurgensie opleiding, in die Madimbo streek gaan doen. Dit is op die noordelike grens van die Suid-Afrika met Rhodesie, in die omgewing van Mesina. Ons pak toe di


FANIE BOTHA --- DANGLING BY HIS FEET

FANIE BOTHA   ---    DANGLING BY HIS FEET

  DANGLING BY HIS FEET   My Story l/Kpl SW Botha 74489261 1 Parachute Battalion Course 7806 Phase III 24 May 1978 On Wednesday 24 May 1978 we were preparing for Wing Parade, “Glamor Day”, at 1 Parachute Battalion. Most of our parents and guests arrived early that morning at the Battalion. All parents and guests were entertained at the battalion. Al visitors had th